Afgetree?  Tree u af?

Die TOP 3 maniere om u pensioen na aftrede te WAARBORG*

Vind die beste waarborg vir u.

Moet die geld iemand na u dood versorg?

Ja

Nee

Die maklikste manier om die regte waarborg vir u te vind.

Ons vrae en antwoorde-proses maak dit vir u maklik om die waarborge wat u behoeftes die beste pas voor te stel.

Hierdie proses laat u toe om verskillende algemene behoeftes teen mekaar op te weeg en na slegs 3 vrae die mees gepaste waarborg vir u te vind.

Maar ongeag die waarborg waarin u belê, dit moet veilig wees. Dit moet u inkomste (en, as u verkies, ook u kapitaal óf inkomste by dood) lewenslank waarborg en plooibaar wees vir as u lewensomstandighede sou verander.

Dit is hoekom ons baie selektief is.  Om die waarheid te sê, ons werk tans om baie goeie redes slegs met Liberty Life om die produkte en waarborge te verskaf.

Ons laat u behoeftes die praatwerk doen.

Ons mikpunt is om u behoeftes met die mees gepaste waarborgplan te bevredig.

Dit is hoekom ons ‘n paar eenvoudige vrae saamgestel het om u te help om die beste produk vir u te vind.

Die waarborge en onlangse koerse*

* Koerse word daagliks uitgereik en wissel voortdurend. U koerse mag van dié wat as voorbeelde getoon word verskil. Die koerse wat hieronder getoon word, is gebaseer op ‘n 70-jarige manspersoon en ‘n 65-jarige dame by die dubbellewe lyfrente. Sien Vrywaring onderaan die bladsy.

ENKELLEWE LYFRENTE sónder kapitaalwaarborg by dood
13.01% per jaar*

Die beste as u ‘n enkelloper sonder erfgename is.  Hierdie plan betaal die hoogste gewaarborgde inkomste terwyl u leef in ruil daarvoor dat die inkomste by u dood staak en geen kapitaal vir erfgename beskikbaar is nie. Dit is die risiko wat u loop: u kapitaal en inkomste sterf saam met u.

* Koers op 1 Junie 2022:
(Sien vrywaring onder)
13.01% per jaar lewenslank gewaarborg

ENKELLEWE LYFRENTE mét kapitaalwaarborg by dood
9.49% per jaar*

Die beste as iemand by u dood kapitaal móét erf.  Hierdie plan lewer ‘n laer inkomste as die plan hierbo omdat ‘n deel van die hoë inkomste by die plan hierbo gebruik word om die kapitaal belastingvry d.m.v. ‘n lewenspolis by dood te waarborg.

* Koerse op 1 Junie 2022:
(Sien vrywaring onder)
Bruto: 13.01% per jaar
Minus: 3.52% (lewenspolis)
Netto: 9.49% per jaar lewenslank gewaarborg

DUBBELLEWE LYFRENTE
10.00% per jaar*

Die beste as beide gades op beleggingsdatum leef en die inkomste tot by die langslewende se dood gewaarborg moet word. Geen kapitaal vererf by die tweede gade se dood nie. Hierdie plan lewer ‘n inkomste tussen die inkomstes van planne 1 en 2 hierbo.

* Koers op 1 Junie 2022:
(Sien vrywaring onder)
10% per jaar lewenslank gewaarborg

Ons lei u deur die volgende areas:

Gelykblywend
of
Eskalerend?

  • Is u gesond of sieklik?
  • Hoe lank verwag u om te leef?
  • Hoe vergelyk die inkomstes?

Enkellewe
of
Dubbellewe?

  • Getroud (lewensmaat) of Enkel?
  • Moet die inkomstes uit hierdie produk na u dood voortgaan?

Kapitaalwaarborg
of
Nie?

  • Móét iemand kapitaal erf?
  • Indien wel, hoeveel van u kapitaal moet by dood gewaarborg word?

Vind u beste waarborgplan deur die vrae wat volg te antwoord…

Verdien u reeds ‘n inkomste deur ‘n lewende annuïteit?

Ja

Nee